Omtrent Ons/About us

Vir die weekprogram en die nuutste sportuitslae, SIEN NUUTSTE NUUSBRIEF.

For the weekprogram and the latest sport results, VIEW THE LATEST NEWSLETTER.

MISSIE / MISSION


“ Om leerders in totaliteit te ontwikkel, word uitnemende kurrikulêre– en buite-kurrikulêre aktiwiteite aangebied in ’n gedissiplineerde en ondersteunende skoolmilieu tot diens van die gemeenskap. “


 “ To develop learners in totality, curricular and extra-curricular activities of excellence are offered in a disciplined and supportive school environment in service of the community. “



“ OMTRENT ONS / ABOUT US “

 

’n Gevestigde, tradisieryke skool in die hartjie van die “Tropiese paradys” wat in 2011 reeds sy 90ste bestaansjaar vier! Vanaf 1997 ’n ten volle getransformeerde parallelmediumskool (afsonderlike klasse vir onderrig in Afrikaans en Engels met 4 Afrikaanse klasse en 1 Engelse klas per graad, Gr.1 tot 7 ). Van die huidige so wat 1110 leerders word sowat 73% in die Afrikaanse stroom en 26% in die Engelse stroom geakkommodeer.

 

The school’s management team consists of the Principal, 2 Deputy Principals and 4 Heads of Department. The rest of the staff establishment comprises 24 departmental posts, 6 School Governing Body appointees and 4 in-service-training students. The Limpopo Province Department of Education also remunerates 3

Administrative Clerks and 9 General Workers. They are supplemented by 1 Administrative Clerk and 15 General Workers remunerated from school fees.

 

Skoolgeld beloop tans R 470 per leerder per maand, betaalbaar oor 11 maande (R 5 170 per jaar), om die begroting wat 4,4 miljoen Rand vir die huidige finansiële jaar beloop, te laat klop. Alhoewel baie oud, word die geboue en terrein pragtig in stand gehou en kan leerders, personeel en ouers met reg trots wees op

die leeromgewing. Dit sluit netjiese en genoegsame ablusiefasiliteite, ’n ten volle en moderne toegeruste rekenaarsentrum, ’n spogmediasentrum, doelgeboude snoepwinkel, pragtige naskoolsentrum en koshuis in.     

Academics of a high standard according to the prescribed New Curriculum Statements is offered, ample opportunity is created for cultural development and the school is most competitive in the full spectrum of sports activities presented: Athletics, Rugby, Netball, Soccer, Hockey, Cricket, Tennis, Cross Country, Swimming and Golf.

 

Groot moeite word gedoen om individualiteit te beklemtoon en te bevorder ten spyte van die groot getal leerders. Die voordeel van ‘n groot skool wat met enige stedelike skool kan saampraat en kompeteer, maar geleë is in die pragtigste plattelandse milieu, word optimaal benut en uitgebuit. Geen moeite word ontsien om na die belange van veral leerders met probleme om te sien nie en kundige opvoederpersoneel tesame met ’n professionele arbeidsterapeut, ’n gekwalifiseerde spraakterapeut sowel as ’n Jeugwerkerberader is in ’n puik Remediëringskomitee saamgesnoer. Sodoende word gepoog om te verseker dat elke leerder sy/haar optimale vlak van ontwikkeling bereik en ’n gelukkige deelgenoot van ons skool is.  

 

Werklikwaar ’n “ skool vir kinders van ouers wat omgee! “  





  • Tuisblad/Home Page
  • Omtrent Ons/About Us
  • Geskiedenis/History
  • Kwartaal/TermPrgrm
  • Kleredrag/Uniforms
  • Skoollied/School song
  • Skoolwapen/school badge
  • Terreinplan/Grounds plan
  • Skoolgelde/School fees
  • Veiligheid/Security