 | |  |
 |
| Graad 1 Onderwysers |
|
|
|
Me. Annarien Jacobs |
Me. Christa de Lange |
Me. Hannie Coetzer |
|
Me. Isabel Kruiskamp |
Me. Engela Tolmay (Graadvoog) |
| Hoekom Laerskool Tzaneen? |
HOEKOM LAERSKOOL TZANEEN?
By Laerskool Tzaneen ontvang u kind die beste onderrig moontlik. Elke kind ontvang liefde, ondersteuning, persoonlike aandag en sekuriteit sodat hy met selfvertroue sy volle potensiaal kan ontwikkel.
Christelike opvoeding is vir ons baie belangrik. Weeklikse gesamentlike opening word deur die hele skool bygewoon en lofprysing in 'n weeklikse gewyde sang periode. Bybelonderrig vind elke oggend in die klasse plaas. Daaglikse afsluiting met gebed word gedoen oor die interkom vir die hele skool.
'n Naskoolsentrum is beskikbaar op die skoolterrein waar leerders 'n gebalanseerde middagete ontvang. Behoorlike toesig word gehou tot die leerders nie later as 17:30 afgehaal word nie. Opgeleide onderwyseresse help daagliks met die leerders se huiswerk.
'n Goedtoegeruste rekenaarsentrum waar alle leerders rekenaaropleiding ontvang met internetfasiliteite wat verseker dat leerders tegnologies voorberei word vir die toekoms.
'n Koshuis bied 'n veilige hawe vir leerders. Hier word met sorg en deernis na leerders se behoeftes omgesien.
Ons stel in die vooruitsig 'n lewenslange leerder wat vrymoedig en onafhanklik, geletterd, gesyferd, veelvaardig en deernisvol is met respek vir die omgewing. ONS BOU dus met trots aan elke leerder om hom die toekoms in te
stuur as 'n kritiese en aktiewe burger wat sy plek volwaardig kan volstaan in die samelewing. Ons bied geleentheid aan elke leerder om op akademiese, kulturele en sportgebied aan 'n verskeidenheid aktiwiteite deel te neem.
AKADEMIE
* Uitstekende onderrig deur bekwame, ervare personeel
* Deelname aan Olimpiades bv. Conquesta en Amese
* Veelvuldige assesseringsmetodes wat 'n doeltreffende aanduiding van leerderprestasie verskaf
* Ondersteuning aan leerders met leerprobleme d.m.v. Remediëring
* Verrykende werk aan begaafde leerders
* Gereëlde rapportering aan ouers om ouers op hoogte te hou van leerders se vordering
* Weldeurdagte dissiplinestelses met die klem op positiewe motivering deur erkenning te gee aan positiewe gedrag en goeie prestasie
* Toepaslike strafmaatreëls vir negatiewe gedrag sodat dit nie die positiewe leerder wat graag wil presteer rem nie
KULTUUR
* Musieksentrum
* Junior- en Seniorkore/Massakoor
* Eisteddfod
* Redenaarskompetisies
* Kultuuraande
* Speech evenings
* Talentaande
* Leierskapontwikkeling
* Avontuurkampe
* Fietstoere
* Entrepreneurskap ontwikkeling
* Bybelvasvra
* Uitreiking/Ouma- en Oupadae/Gr.1's besoek aan matrieks
* Deelname aan ondersteuningsprojekte/Loslitdag/ DBV/Behoeftigheidsfondsproje-kte
SPORT
* Bulletjierugby
* Rugby
* Netbal
* Atletiek
* Swem
* Gholf
* Krieket
* Sokker
* Landloop
* Hokkie
* Tennis
* Tweekamp
GR. 1 OPEDAG
Die Gr. 1 Afrikaanse Opedag vind jaarliks op die eerste Vrydag van November plaas en die Engelse Gr. 1 opedag op die tweede Vrydag van November. Die ouers ontvang ‘n volledige prospektus met al die nodige inligting oor die skool wanneer hulle hulle kinders inskryf.
|
|
|
| |
 |
 | |  |
|