Lees/Reading

Vir die weekprogram en die nuutste sportuitslae, SIEN NUUTSTE NUUSBRIEF.

For the weekprogram and the latest sport results, VIEW THE LATEST NEWSLETTER.


Waarom dit belangrik is vir jou kind om goeie leesvaardighede te ontwikkel?
1. Wat is leesvaardighede? ( Reading skill )

Ekwall en `Shanker (1989) (uit Lansberg, Kruger en Nel 2006 :124) beskryf lees soos volg: "Reading is a process of constructing meaning from written texts. It is a complex skill requiring the coordination of a number of interrelated sources of information.” Die leesproses begin reeds lank voor die kind die skool betree. Om leesvaardighede te bemeester moet die leerder se fisieke ontwikkeling, kognitiewe ontwikkeling asook sy sosiale ontwikkeling in plek wees. Lees is ‘n komplekse proses wat verskillende handeling van die persoon vra. ‘n Hoë vlak van konsentrasie is noodsaaklik asook oog-spier-koördinasie. Lees is nie net ‘n visuele taak nie, maar ouditiewe persepsies en neurologiese rypheid is ook betrokke.

’ n Mens kan die proses in vier dele verdeel, nl.:

· ‘n taalkundige proses van kommunikasie is verbind met ander taalprosesse naamlik, luister- en skryfvaardighede.

· ‘n Kognitiewe proses (denkende proses) van kommunikasie wat weer verbind is met ander kognitiewe prosesse. Eerstens is aandaggewing belangrik om die proses te laat begin, daarna moet die persoon waarneem wat hy lees. Hy moet betekenis daaraan gee en laastens moet hy dit in sy geheue stoor.

· Sosiale proses van kommunikasie: ‘n skrywer beïnvloed die leser se kennis en motivering terwyl hy self nie teenwoordig is nie.

· Interaktiewe proses: die kwaliteit van die leser se begrip word bepaal deur homself, die teks en die skrywer sowel as die konteks waarin die leesproses plaasvind.

Wanneer ‘n persoon lees, bring hy altyd dit wat hy lees in verband met vorige ervarings. Die basiese komponente waaruit lees bestaan is volgens Lansberg, Kruger en Nel (2006: 124 ) die volgende:

· “recognising and analysing words (identification of words) and

· understanding of words and ideas (comprehension).”

Sukses in alle vakke op skool is afhankllik van goeie leesvaardighede. Dikwels gebeur dit dat ‘n kind die kennis het om ‘n vraestel te kan hanteer, maar sy/haar leesvaardighede laat hom/haar in die steek. Dit lei tot onderprestasie, onsekerheid, frustrasie, negatiwiteit ten opsigte van skool en selfs gedragsprobleme.

2. Hoe kan ek my kind motiveer om te lees?

· Sorg dat u kind behoorlik geleentheid kry om boeke of artikels wat vir hulle interessant is, te lees.

· Laat u kind vir u vertel wat hy gelees het en gee erkenning vir sy pogings.

· Lees soveel as moontlik vir u kind stories vir die genot daarvan.

· Kies ‘n boek wat hy/sy nog nie gelees het nie, lees interessante dele vir hom/haar voor om nuuskierigheid te kweek.

· Stel ‘n voorbeeld en lees self gereeld.

3. My kind sukkel om te lees. Hoe kan ek my kind help?

· Voorlees

· Lees ’n gedeelte van die boek hardop voor aan u kind. Begin by slegs een sin. U kind probeer dit dan self direk daarna lees.

· Maak gebruik van korrekte intonasie en help u kind om u voorbeeld te volg. Herhaal indien nodig. Voltooi die hele leesstuk op die manier.

· Wanneer u kind genoeg selfvertroue opgebou het, laat hy/sy dit self lees.

· Begin altyd by maklike boekies en hou dit interessant.

· Herhaalde lees

Herhaalde lees is belangrik vir leesvlotheid. Om eentonigheid uit te skakel, kan tyd geneem word en u kind aangemoedig word om elke keer die tyd te verbeter. Lê klem op akkuraatheid, korrekte uitspraak en intonasie.

· Maats

Moedig u kind aan om saam met ‘n maatjie ‘n boek te lees, en vir mekaar die storie te vertel. Kyk wie onthou die meeste.

· Dit kan selfs gedoen word tussen ‘n paar maats. ‘n Goeie kompetisiebasis is goed, maar verhoed dat dit ontaard in ongesonde kompetisie.

4. Geen van die bogenoemde werk vir my kind nie, wat nou?

· Stel vas of u kind negatief is ten opsigte van lees en hoekom.

· Laat u kind toets deur kundiges om vas te stel wat die probleem is.

· Indien ‘n probleem geïndentifiseer is, werk noukeurig saam met die gekose terapeut om u kind se probleme aan te spreek.

· Indien dit nie werk nie, soek die volgende oplossing.

· Moenie ophou nie! Iewers sal die regte oplossing vir u kind kom. Hou u kind se toekoms as die uiteindelike doelwit.

Dit is belangrik ter wille van u kind se vordering en toekoms, om sy/haar probleem met die skool (onderwyser) te bespreek. Kontak die voogonderwyser wat verdere verwysings sal doen of kontak Willette Engelbrecht by Laerskool Tzaneen. (Leerderondersteunings-koördineerder.)

Bronnelys:

Landsberg E. (Editor) , Kruger D, & Nel N. (Assistant editors) 2006. Addressing Barriers to Learning. A South African Perspective. Pretoria. Van Schaik Publishers.

Le Roux, M. 1993. Leesmotivering. Inligtingstuk van die Inligtingsentrum vir Kinderlektuur en -Media van die Universiteit van Stellenbosch.


  • Akademie/Academics
  • English Literacy
  • Leerderondersteuning
  • Top 10
  • Wiskunde/Maths
  • Lees/Reading
  • Eksamen & Toetsroosters