Naskoolsentrum/After School Care

Vir die weekprogram en die nuutste sportuitslae, SIEN NUUTSTE NUUSBRIEF.

For the weekprogram and the latest sport results, VIEW THE LATEST NEWSLETTER.


O grote gedorie!
As pappa en mamma moet werk tot laat
Is agt tot vyf 'n ander storie
Hoe gemaak met sus, boet en maat?
Maar Laerskool Tzaneen het in al sy glorie
'n NASKOOLSENTRUM waarby elkeen kan baat!


Agtergrond:
Laerskool Tzaneen beskik oor ‘n Naskoolsentrum wat op die terrein geleë is. Daar is deeglike en streng toesig vanaf Maandag tot Vrydag vanaf 12:30 tot en met 17:30. Ons poog om gekwalifiseerde onderwystoesig deurentyd daar te stel om seker te maak dat u kind ten alle tye hulp en leiding tot sy of haar beskikking het. ‘n Streng roetine word daagliks gevolg wat die volgende behels:

Na skool verdaag leerders na die naskoolsentrum waar middagete bedien word. Leerders kan verklee in speelklere voordat hulle na die graadgerigte klaskamers beweeg vir studie. Na afloop van studie is leerders dan op die terrein om verskillende sportaktiwiteite te beoefen.

Studieklasse:
Studieklasse is Maandae tot Donderdae vanaf 13:45 tot 14:45.


Kostes:
Die koste beloop R300 per leerling per maand en is streng betaalbaar voor of op die 7e van die maand. Vir verdere navrae kan Mev. Triegaardt by die skoolkantoor gekontak word: 015 307 3601/2.

Etes:
‘n Ligte middagete en vrugtesap word verskaf.

Naskoolleiers

Alex de Klerk
Mariska Lourens
Koba van Zyl
Wimpie van Zyl

NASKOOLSENTRUM








  • Koshuis/Hostel
  • Snoepie/Tuck Shop
  • Mediasentrum/Centre
  • Musiek Sntrm/Music Cntr
  • Naskool/AfterSchoolCare
  • Rekenaar/Computer