Welwillendheidsprojekte/Welfare Projects

Vir die weekprogram en die nuutste sportuitslae, SIEN NUUTSTE NUUSBRIEF.

For the weekprogram and the latest sport results, VIEW THE LATEST NEWSLETTER.


Maandelikse koekverkopings
Daar word maandeliks 'n koekverkoping op ’n Vrydag gehou. Beurte word tussen die graadgroepe gemaak. Ondersteun asseblief hier ruimskoots met bydraes vir ons terapeutefonds (die maatskaplike werker, arbeidsterapeut, spraakterapeut en sielkundige) wat ’n groot las op die begroting is, maar van onskatbare waarde vir ons kinders / Another new development is the monthly cake sale on a Friday grade by grade. Please contribute with an open heart towards our therapists’ fund (the social worker, speech therapist, psychologist and occupational therapist) which is a huge burden on our budget, but through and through worthwhile to the benefit of our children!

Voedingskema
Die voedingskema het in die eerste kwartaal 2010 afgeskop. Ons skool se hartlike dank aan Me. Esti Zietzman wat die inisiatief geneem het en instaan vir die koördinering van hierdie projek. Ons opregte dank aan elke gemeente wat by hierdie projek ingeskakel. Ook ons opregte waardering aan al die dames van die gemeenskap wat behulpsaam is met die voorbereiding en opdien van die sowat 50 maaltye per dag.

Die projek word moontlik gemaak deur skenings uit die gemeenskap.  Indien enige persoon/instansie nog tot skenkings wil bydra of betrokke wil raak kontak asb. Me. Esti Zietzman by 082 826 2517.

Die leerders kan elke dag met vol magies hul skoolwerk aanpak.  Ons bid die Here se seën af oor hierdie projek en loof Hom vir elke inset wat dit moontlik maak.

Blikkieskosprojek
Die Blikkieskosprojek is ‘n projek wat dwarsdeur die jaar geskied. Hierdie blikkieskos wat leerders vrywillig skool toe bring, word op ‘n gereelde basis aan behoeftige leerders huis toe gegee. Dit geskied veral voor ‘n vakansie.

Mnr. Piet Dry van Piet Dry Oogkundiges, loods elke tweede kwartaal ‘n klaskompetisieprojek waar leerders vir elke blikkieskos wat hy bring ‘n inskrywingskaartjie ontvang en dan ‘n prys kan wen. Ons dank gaan uit na mnr. Dry wat se hart en hand so oop is.

Enige bederfbare voedsel is welkom. U kind kan dit maar net by die klasonderwyser inhandig.


  • Klerebank/Uniform depot
  • Welwillendheidsprojekte